Blyderivierspoort

   Hierdie artikel behoort versmelt te word met Blyderivierspoort-natuurreservaat.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.

Bord by die ingang in Afrikaans en Engels.
Gedenkplaat wat verduidelik hoe die plek sy naam gekry het.
Die Drakensberg-eskarp vorm 'n duidelike rif oor Suid-Afrika.

Blyderivierspoort is 'n diep kloof in die noorde van Mpumalanga, Suid-Afrika. Die besondere natuurverskynsel is in Mpumalanga net noord van Graskop geleë, en is een van Suid-Afrika se mooiste besienswaardighede. Die kloof maak deel uit van Blyderivierspoort-natuurreservaat, wat sowat 24 000 ha beslaan. Die kloof is 26 kilometer (16 myl) lank en gemiddeld ongeveer 800 meter (2500 voet) diep, [1] en vorm in die noorde 'n poort in die Drakensberg-eskarp. Die kloof se hoë wande bestaan hoofsaaklik uit rooi sandsteen wat ontbloot is namate dit deur die Blyderivier uitgekerf is. Hierdie botaniese wonderland strek vanaf die Bourke's Luck-kolkgate in die suide tot by die poort in die noorde van die gebied.[2] Die sogenaamde "Drie Rondawels" is drie reusagtige rotse, in die vorm van hutte, wat bo die kloof uittroon. Blyderivierspoort is op die sogenaamde Panoramaroete wat by Graskop begin en "God's Window", die "Pinnacle" en die kolkgate by "Bourke's Luck" insluit.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named afrikana

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search